Posted on 16 October 2011

Studierigting: Kunste & Handvlyt
Beriggewer: Estelle du Plessis
Datum: 14 Oktober


 
Langebaan tak se afgelope vergadering was 'n fees van blomme en kuns!  Die skilder, Jannie Jordaan het 'n baie interessante praatjie gelewer en dit aangevul met 'n demonstrasie.  Die skildery wat hy tydens sy praatjie geskilder het, is geskenk via 'n gelukkige trekking.


 
Tydens sy praatjie maak hy die vlg. interessante opmerkings:
1. Daar word altyd op 'n 2/3 konsep gewerk vir die plasing van die fokuspunt op 'n skildery.
2. Die kwas moet eerder verder terug as naby die voorpunt vasgehou word.  Dit verbeter beheer oor die skilderwerk.
3. Daar is altyd twee belangrike faktore om in ag te neem, naamlik lig en skadu.  Daar word dus bepaal van watter kant die son byvoorbeeld skyn en dit sal bepaal waar die skadu's aangebring word op die skildery.
4. Dit is nuttig om blou en pers te meng om die regte skakerings vir skadu's te kry.  Wees versigtig vir die gebruik van swart as skadu's want dis geneig om "gate" in die skildery te los.
5. Groen is 'n baie moeilike skakering om mee te werk en om dit reg te meng.  Hy beveel aan dat swart en geel gemeng word vir die regte skakering groen.
6. Adriaan Boshoff ( 'n bekende in skildergeledere) het met drie basiese kleure, rooi, geel en bou in totaal 231 kleure gemeng.
7. Jannie verkies olieverf, maar dit neem lang om droog te word.  Akriel werk goed aangesien dit gouer droog word en die skildery vinniger voltooi kan word.
8. Skilderwerk kan of op doek of "supa wood" gedoen word.  Dit is 'n geval van persoonlike voorkeur.
9. Ten laaste, by die keuse van rame, sal mens 'n raam kies wat die skildery aanvul en nie oordonder nie.  Rame moet dus by die skildery pas en inpas by die vertrek waar dit gaan hang.

 

80 Persone het die vergadering bygewoon, wat 'n fees van blomme en baie keurige verversings ingesluit het. 


 

 

Jannie Jordaan, skilder, besig om die skildery te voltooi tydens sy praatjie.

 

 

Verjaarsdagdames: Leana Esterhuysen, Hanita le Roux, Linka van Wyk, Maritha Kotze, Hennah Greeff (saamroeper Kunste & Handvlyt).

 

 

 

Een van die pragtige rangskikkings.

 

 

 

Charlotta van Eeden was die gelukkige wenner van die skildery. 

Comments are closed

Categories