Posted on 19 October 2011

Beriggewer: Alet Colyn

 

Op 17 Oktober het Sirkel Tygerberg hulle Gildevergadering gehou. Vele interessante dinge is bespreek en gedemonstreer. 

 

 

Anneline Jonker het Margaret Roberts se kruiekennis met ons gedeel.

 

Die sydissel met sy heldergeel blomme kan as geheel medisinaal gebruik word. Lusern (alfalfa/Chileense klawer/buffelsgras) herstel vlakke van vitamien K in die liggaam en moenie gedurende swangerskap gebruik word nie. Die spruite word in slaai gebruik. Seldery kan ook as geheel gebruik word. Dit is anti-inflammatories, verlaag die bloeddruk en is goed vir die spysverteringstelsel. Jenewerbessies word in lewer- en wildsvleisgeregte gebruik en is goed vir waterretensie en rumatiek. Dit word gebruik om jenewer, bier en likeur te geur.

 

 

Rina du Toit het geskenkhouers van Cokebottels gedemonstreer en 'n maklike manier van skoendose oortrek met materiaal, gewys.

 

 

Jossie van Staden het die artikels op haar marktafel gewys. Sy het die allermooiste naaldwerk en handwerk te koop aangebied.

 

 

Johanna Steyn het weer 'n blommedemonstrasie vir die konferensie gedoen. Links is Winterskatte en regs is Pret met Sneeu.

 

 

Daar is ook 'n braaivleistafel gedek. 5 Takke het deelgeneem en Panorama tak was die wenner.

Comments are closed

Categories