Posted on 20 October 2011

Beriggewer: Michelle van Rensburg

 

Britstown hou “High Tea” en plant ‘n boom saam met Huis Dhaneel

 

Op die 19de Oktober het Britstown VLV ‘n “High Tea” gereël by Huis Dhaneel (Tehuis vir Bejaardes). Dit was ‘n uithanggeleentheid waar elke inwoner mooi kon aantrek, hoed en al.

 

Dit was ook ‘n geleentheid om dankie te sê aan die beheerliggaam en personeel vir hul toewyding aan en harde werk vir Huis Dhaneel en sy inwoners.

 

Die hoogtepunt was ‘n konsert aangebied deur twee jong boere van die kontrei. Johan en Munnik Botha het met hul pragtige stemme, lieflike sang en ‘n grappie of drie, almal se harte aangeraak.

 

Na ‘n heerlike kuier is ‘n Kareeboom voor Huis Dhaneel geplant. Gelukkig was daar ‘n galante heer wat ons gehelp het om die gat te grawe!

Uitgevat vir die "High Tea".

 

 

En in die gat is daar 'n boom! Ds Kriek het die VLV gehelp om die boom te plant.

 

 

Munnik en Johan Botha sing vir Huis Dhaneel.

Comments are closed

Categories