Posted on
27 October 2011
Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Huibre Retief
Mnr Cobus du Plessis van Kaap Agri se graan bemarkingsafdeling het aan die lede van Malmesbury tak verduidelik hoe die prys van brood bepaal word.
Die prys van brood is gekoppel aan die prys van koring. Die koringprys, soos bepaal deur Safex, is tans R2800 per ton op die JSE. Hiervan kry die boer in die Wes-Kaap ongeveer R2 270 per ton. ‘n Brood se totale gewig is vasgestel op 700 gram. Uit 588 g koring word 480 g broodmeel verkry vir die produksie van een brood.
Van die prys wat die verbruiker betaal gaan R1.33 aan die boer, R2.489 aan die meulenaar en R5.08 aan die kleinhandel. Van die R1.33 wat aan die boer betaal word bly daar slegs R0.19 oor na insetkoste. Insetkoste speel ‘n baie groot rol en het die hoogte ingeskiet as gekyk word na die prys van saad en kunsmis.
Die boer kry maar min van die vasgestelde koringprys. Soms kan koring goedkoper ingevoer word as om dit te verbou.
‘n Werklik insiggewende vergadering.