Posted on
28 October 2011
Die takke van Sirkel Paarl het in die pragtige gerestoureerde kerksaal van die Hervormde Kerk in die Paarl bymekaargekom om te kuier rondom vrolike teetafels en sake uit te spook tydens Sirkel Paarl se Intertak.
Hedwig Moore van die Christelike Genootskap Wellington was die gasspreker tydens die geleentheid. Die onderwerp van haar rede was VLVK se tema Bou ‘n Brug.
Freda Marais het die dames vermaak met ‘n poppekas en sy het openbare figure gebruik as tema vir die poppespel.
Deelnemers aan Intertak het kolwyntjies, gebreide teemusse versier met hekelwerk, ‘n versierde teenet en ‘n rangskikking in ‘n teepot gemaak om gestalte te gee aan die kompetisietema ‘n Tee met Flair.
Paarl-Aandtak, Stellenbosch, Riebeek Wes, Wellington, Suider Paarl, Klein Drakenstein, Malmesbury en Slot van die Paarl is die takke wat deelgeneem het aan die kompetisies en Suider Paarl tak het weggestap as die algehele wenner van die geleentheid.

LNR bo: Teetafel; Marinda Rall, President, en Francina Marais, Visepresident van Sirkel Paarl; Lina Prinsloo van Paarl-Aandtak (saamroeper van Openbare Sake), Hetta van der Merwe (voorsitter), Ebeth Basson (waarnemende sekretaris) en
Freda Marais wat 'n poppekas aangebied het.
LNR onder: Ingangsportaal; Blommerangskikking deur Marinda Rall (tweede plek); Teemussies en Kolwyntjies.