Posted on
17 November 2011
Datum: 17 November 2011
Beriggewer: Carien Pretorius
Johan Engelbrecht, predikant van die Baptiste gemeente, het vir die lede van Vredendal tak met die afsluitingsvergadering vertel hoe Kersfees in Bosnië gevier word, aangesien hy daar gewerk het as sendeling.
Die inwoners is Serwiërs, Kroate en Moslems. Die Serwiërs is moeilike mense om mee te werk. Hul behoort hoofsaaklik aan die Ortodokse Christelike kerk. Die Serwiërs is lief vir kosmaak en lekker eet. Varkvleis en sterk gegeurde bokmelk kaas is die hoofdis. Hul is ook veral baie lief vir soet kos en koek. Daarmee drink hul ook raka, ‘n soort witblits, wat regte medisyne is vir ‘n warm lyf en vrolikheid in die feestyd. Hoewel baie gedrink word sien jy geen dronk mens nie.
Die dagtemperature is minus 20 grade. Kersfees is tradisieryke gesinsfees. Brood word voor die tyd gebak met gelukbringers soos ‘n muntstuk, ‘n stukkie takkie of ‘n stukkie varkbeen daarin. Die kersboom is ‘n droë boom waarvandaan dan takkies afgebreek en brand gesteek word. Geskenke word ook vir mekaar gegee as simbool van Christus se groot geskenk. Familiebande is baie sterk. Net die grootmense gaan gereeld kerk toe. Die jongmense gaan met geleenthede soos troues, doop of Kersfees kerk toe. Daarna het ons saam met Johan kersliedere gesing.
Mev Beatrice van Zyl het die vriendskapskers aangesteek en ook aan vier lede kentekens oorhandig nl. Martie van Zyl – 55 jaar, Kotie Lintveldt – 35 jaar, Anneline Beelders en Carien Nieuwoudt – 15 jaar.
Die oggend is afgesluit met Mariaan Burnett en kindertjies van Kinderland met “hier kom die bokke”.
Gesegde: geen reis is te lank in goeie geselskap nie.