Posted on
20 November 2011
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Marietjie van der Walt
Datum: 9 November 2011
Gedurende die Nasionale Mariene-week het Uitenhage tak ‘n graad 5-leerder van die Laerskool Handhaaf, Martelize Kruger, genooi om die vergadering toe te spreek oor die rehabilitasie van die Kaapse Pikkewyn.
Martelize het onlangs die S.A. Mariene-Rehabilitasiesentrum by Kaap Receife besoek om uit te vind hoe oliebesmeerde pikkewyne skoongemaak en gered word. Sy het vertel van hierdie bedreigde spesie van St. Croix-eiland waarvan die getalle drasties afgeneem het as gevolg van olie en rioolafval afkomstig van skepe in die Port Elizabeth en Coega Hawens.
Op die foto verduidelik sy met Pikkie in die hand hoe ‘n oliekolletjie so groot soos ‘n 5-sentstuk die dood van ‘n pikkewyn kan veroorsaak. Martelize het die publiek versoek om by te dra tot die redding van hierdie mooi wiegel-waggeldiertjies in hulle swart manelle!
