Posted on
25 November 2011
Beriggewer: Riana Richter
Datum: 17 November 2011
Tydens VLV Piketberg se afsluitingsgeleentheid op 17 November het dr ST Potgieter - bekende sielkundige, spreker, skrywer en bekend vir sy radiopraatjie “Pitkos vir die Week” op Maandagoggende op RSG – opgetree as spreker. Hy het die volgende beklemtoon:
- Niemand spring moeilike tye, pyn en ellende op aarde vry nie. Die vraag is: Hoe hanteer ‘n mens dit?
- Pas jou gesondheid op. ‘n Mens het fisiese krag nodig. Eet reg en slaap genoeg.
- Maak seker waarheen jou lewensrit op pad is. Weet jy waarheen jy beweeg? Jy moet drome en planne hê.
- Fokus op een ding op ‘n keer.
- Moenie toelaat dat jou verlede jou aan bande lê nie, ondanks dit wat mense dink of sê. Slegte dinge gebeur ook met goeie mense, maar mag niemand terughou nie.
- Veral in moeilike tye moet jy gee, want as jy gee, ontvang jy.
- Leef in dankbaarheid, ook in krisistye. Alles wat jy het en is, is genade.
- Moenie moeilike tye as vanselfsprekend aanvaar nie. Bid.
- Die lewe is vol geleenthede. Gryp dit aan selfs in moeilike tye. In moeilike tye kom grootse werke te voorskyn.
- Raak gereeld stil. Moenie net bid nie, maar luister na die grootste geneesheer van alle tye – daarin lê ons grootste hoop.

LNR Riana Richter (voorsitter), gasspreker dr ST Potgieter en Dinette Lochner (sekretaris) tydens die afsluitingsgeleentheid van VLV Piketberg.
By die onlangse afsluitingsgeleentheid van VLV Piketberg het Louwna Hoving, president van Sirkel Weskus, lidmaatskapkentekens aan die volgende lede oorhandig. Op die foto verskyn Louwna (heel regs) saam met v.l.n.r. Netta Liebenberg (20 jaar), Myrtle Steenkamp (30 jaar), Alida Walters (40 jaar), Christine Langeveldt (45 jaar) en Rosa Lategan, voormalige president van Sirkel Weskus en voorsitter van die tak (45 jaar).

Die bestuur van VLV Piketberg vir 2012 is agter v.l.n.r.: Marlize Rossouw (Landbou en Tuinbou), Frannie Botha (Leefstyl en visevoorsitter), Antionette Smit (Opvoeding en Kultuur), Stella van Niekerk (Gesondheid), Marthie du Toit (Openbare Sake en sameroeper van VLV projek Vroue van Môre), Dinette Lochner (sekretaris), Doreen du Plessis (Kunste en Handvlyt en voor: Nicoline Brown (tesourier) en Riana Richter (voorsitter). Afwesig: Dete Hanekom (adissionele bestuurslid).
