Posted on
28 November 2011
Studierigting: Leefstyl
Beriggewer: Estelle du Plessis
Datum: 9 November 2011
Kotie van Tonder (De Bron, Darling) was die gasspreker tydens Langebaan tak se Leefstyl vergadering en sy het ‘n baie interessante praatjie oor sampioene gelewer.
.JPG)
Suid-Afrika het aanvanklik ‘n nie-sampioenkultuur gehad met gepaardgaande negatiwiteit dat sampioene giftig kan wees. Geleidelik is die negatiewe beeld afgebreek. Vandag word sampioene meer en meer gebruik, asook die eksotiese sampioene.
Daar is ongeveer ‘n paar duisend spesies waarvan ongeveer 10 soorte giftig is. Sampioensoorte wat nou meer algemeen raak in SA, is onder andere Magic mushrooms, Chanterelle, Morels, Enoki, Tree Oyster, King Oyster, Pink Oyster, Porcini, Truffels, Shitaki.
Om sampioene te kweek, is spore nodig, wat onder andere van Jhb of Stellenbosch af te kry is en in laboratoriums gekweek word. Spore word dan oorgedra na strooi (gesteriliseer) wat die korrekte fynheid moet hê vir spore om op te groei. Shitaki, byvoorbeeld, groei weer op saagsels. Wanneer temperatuur en klimaat verander, skiet sampioene saad.
Van die sampioene kan tot 6 weke in die yskas gehou word in ‘n bakkie met gaatjies. Sampioene kan ook in die oond uitgedroog word vir ongeveer 3 ure. Geen sampioene moet té gaar gemaak word nie. Sampioene het ‘n hoë voedingswaarde en bevat vitamiene en minerale wat immuniteit verhoog. Hulle het ook hoë vlakke van potassium en vitamiene D.

Gedroogde sampioene.

Heerlike sampioengeregte is bedien.
.JPG)
Hetta Mans (Leefstyl saamroeper, Kotie van Tonder (spreker) Estelle du Plessis (voorsitter).