Posted on
07 December 2011
Beriggewer: Estelle du Plessis
Datum: 1 Desember 2011
75 lede het Langebaan tak se Afsluitingsfunksie, wat 'n gemaskerde dinee was, bygewoon. Die bestuur was verantwoordelik vir die versiering van die saal, tafels en die voorbereiding van die ete. Al die lede het met hul maskers opgedaag en het pragtig gelyk! Daar is selfs 3 pryse toegeken vir die oorspronklikste en mooiste maskers. Geskenkies is uitgeruil, geheime vriendinne bekend gemaak en net lekker saam gekuier.
Die prysuitdeling was 'n hoogtepunt van die aand. 28 lede was 100% teenwoordig die afgelope jaar by takvergaderings.
Die volgende pryse is toegeken:
Snyblom: Trudie de Goede
Blommerangskikking: 1ste Estelle du Plessis 2de Anna Malan 3de Hetta Mans
Handvlyt: 1ste Hennah Greeff 2de Estelle du Plessis 3de Rouxleen Moran
Leefstyl 1 - Huisvlyt: 1ste Estelle du Plessis 2de Hetta Mans 3de Hilary Nepgen
Leefstyl 2 - Naaldwerk: 1ste Dienie Rust 2de Rouxleen Moran 3de Estelle du Plessis
Ywerigste nuwe lid: Ninkie Goussard
Prestasie toekenning: Hennah Greeff
Stervroue 2011: Suzette Hougaard, Hilary Nepgen, Isabel Basson
Meeste punte: Estelle du Plessis
Die lede sien met verwagting uit na 2012 waarin ywerig aan al die "brûe" gebou gaan word.

Stervrou 2011 - Isabel Basson.

Drie gemaskerde lede -Alice van Tubbergh, Elize Kleynhans en Charlotta van Eeden.

Meeste punte - Estelle du Plessis.

Ywerigste nuwe lid - Ninkie Goussard.