Posted on 19 July 2012

Sirkel: Paarl
Tak: Paarl Aandtak
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Una Engelbrecht
Datum: 18 Julie 2012

 

Arbeidsterapeut Yolande Brand, projekleier by Huis Ina Rens in die Paarl, het die dames entoesiasties toegespreek en vertel van die nuwe toevoeging tot Huis Vergenoegd, in Zionstraat, Paarl. Dis 'n huis vir Alzheimerlyers wat deur die ACVV bedryf word, in samewerking met GERATEC.

 

Met die fokus op lewenskwaliteit en die "Eden Alternative"-beginsels, word 'n nuwe lewe gebied binne 'n omgewing wat fokus op die mens en nie die siekte nie. GERATEC se leuse is: "Excellence in person-centred care".

 

Huis Ina Rens het plek vir 16 inwoners met demensie. Hier word alleenheid, verveling en hulpeloosheid beveg met 'n unieke, wêreldklas model van persoongerigte sorg.

Die huis is vernoem na 'n stigterslid en jare lange voorsitter van die Huis Vergenoegd-beheerraad, asook voorsitter van die ACVV-hoofbestuur, wie se jare lange droom dit was om 'n fasiliteit vir persone met demensie by Huis Vergenoegd in die Paarl tot stand te bring.

 

Yolande Brand: 0849408777 e-pos: ybrand@geratecza.com

 

Vooraf het mnr. Swart, skoolhoof van Hoër Jongenskool in die Paarl, die lede op 'n interessante toer deur die museum van die Oudstudentebond geneem.

 

 

Sekretaresse, Elzette Coetzer, bedank vir mnr. Swart.

 

 

Lina Prinsloo, sameroepster van Opvoeding en Kultuur, en Yolande Brand, projekleier by Huis Ina Rens.

Comments are closed

Categories